|

AfriForum help Voortrekkers met voer ná verwoestende brande

AfriForum het die laaste week van September voer geskenk aan die Voortrekkers se Vrystaatse plaas, Doornkloof, en omliggende boere ná ’n verwoestende brand op 6 September ’n groot gedeelte weiding verwoes het.

Die  skenking van voer is moontlik gemaak deur ’n boer wat voer geskenk het, sowel as donasies wat aan AfriForum se noodfonds gemaak is. Dít het die organisasie in staat gestel om voer en wildspille vir Doornkloof aan te koop.

“Dit is ’n riem onder die hart om te sien hoe mense saamstaan en skenkings maak aan AfriForum se noodfonds in tye van nood. Ek wil wel ’n beroep op die publiek doen om steeds donasies aan die fonds te maak of voer te skenk vir die projek aangesien daar die brande steeds woed,” sê Corné Cronje, bestuurder van Gemeenskapstrukture by AfriForum.

Skenkings kan hier gemaak word:

Rekeningnaam: AfriForum NPC

Bank: FNB

Rekeningnommer: 62349898398

Verwysing: Baal

Indien jy voer wil skenk stuur ’n e-pos na corne.cronje@afriforum.co.za

Soortgelyke plasings