AfriForum doen opknappingswerk by Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad
“Hierdie is die begin van ’n opwindende volhoubare projek om te verseker dat ons ‘n deel van ons erfenis vir die nageslag bewaar.” Só sê Johardt van Heerden, koördineerder vir die Boland oor AfriForum se Kaapstad-Noord-tak wat vandeesweek as deel van sy #VegEnBou-veldtog instandhoudingswerk by die historiese Kasteel de Goede Hoop in Kaapstad gedoen het. Dié tak het onder meer onkruiddoder teen die buitemure gespuit en vullis uit die kanaal verwyder.