AfriForum-buurtwagte in Limpopo hou massapatrollie

 

Die burgerregte-organisasie AfriForum se buurtwagte in Nylstroom, Ellisras, Tzaneen, Warmbad en Marble Hall het op 2 Desember 2017 ’n massapatrollie in Limpopo uitgevoer. Tydens dié patrollie het 76 mense altesaam 2 417 km met 48 voertuie afgelê.
Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikkoördineerder vir Limpopo, het dié patrollies ten doel om misdaad te voorkom, veiligheid te bevorder en die sigbaarheid van dié veiligheidstruktuur te verhoog.

“Ons beoog om meer gereeld massapatrollies in samewerking met die SAPD te organiseer om misdaad hok te slaan.”

Raak by ’n AfriForum-buurtwag betrokke en help om jou omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings