|

AfriForum-buurtwag vereer met Swellendam Staatmaker-toekenning

AfriForum se Swellendam-buurtwag is tydens ’n galageleentheid wat op Saterdag 7 Oktober deur die Swellendam Besigheidsforum aangebied is, vereer met ’n Swellendam Staatmaker-toekenning vir gemeenskapsdiens. Dié toekenning spruit veral uit die buurtwag se bystand tydens die onlangse onluste op dié dorp.

Die Swellendam-buurtwag het ’n uiters belangrike rol vervul in die beperking en beheer van die verwoestende onluste wat Swellendam in Augustus en September geteister het.

Wally Walters, voorsitter van AfriForum se Swellendam-buurtwag, het die toekenning met trots aanvaar. ”AfriForum se Swellendam-buurtwag is hier om die gemeenskap te beveilig en ons sal voortgaan om op te staan teen kriminele elemente. Hierdie toekenning motiveer die buurtwag net verder om voort te gaan om na die gemeenskap se belange om te sien.”

Walters moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak by plaaslike veiligheidstrukture en sodoende hul veiligheid in hul eie hande te neem. Stuur ’n e-pos na swellendam@afriforumtak.co.za vir meer inligting, of om aan te sluit.

Soortgelyke plasings