| |

AfriForum, BrainTribe en Ogle Foundation besoek Fleurhof Primary-leiers

Die burgerregteorganisasie AfriForum, Manie Botha van BrainTribe en Ogle Foundation het op 25 Julie 2022 by Fleurhof Primary School in Randburg besoek afgelê met hul leiereienskapsontwikkelingsprojek.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en hoop te skep in skole. Elke kind in ons land verdien dit om die nodige leiding te kry om hulle leiereienskappe te ontwikkel, want ons kinders is dus die leiers van môre,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Ons land se jongmense staar uitdagende tye in die gesig. Om die regte leierskapsgereedskap in ’n kind se leierskapsmondering in te bou is nie net ’n noodsaaklikheid nie, maar ook ’n diepe verantwoordelikehid van elke instansie en organisasie wat met kinders werk. Iemand wat in die jeug belê, glo in die toekoms. Die leierskapsontwikkelingwerkswinkel is deel van die slypproses om ons land se kosbare diamant-kinders se potensiaal te ontgin. Van passie ontdek tot kommunikasie, is elke oomblik vol genot en leer. Dankie aan Fleurhof Primary School en AfriForum wat toegewyd is om in ons jeug te belê en hulle op te bou,” sê Manie Botha, spreker en lewensafrigter van BrainTribe.

Stuur ’n e-pos na tania.scheepers@afriforum.co.za as jou kind se skool by AfriForum en BrainTribe se leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.