Pretoria-blitskongres

Pretoria-blitskongres

Ons gaan op 7 Desember 2024 ’n Pretoria-blitskongres hou uitsluitlik vir Pretoria-takke.

Tema: Groter. Sterker. Selfstandig.

"*" indicates required fields

RSVP hier om die geleentheid by te woon.

Naam en van*
This field is hidden when viewing the form
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Datum: 7 Desember
Tyd: 08:30
Plek: Hemmingways, Leriba

Wat kan jy verwag?

Die doel van die Pretoria-blitskongres is om die kort- en langtermyndoelwitte vir Pretoria bekend te maak. Ons gaan op veiligheid en die uitbou van die 911-konsep fokus, steunkringe op die been bring en gemeenskapsake bevorder deur buurtspanne, vullisverwydering en herwinningsprojekte. Laaste, maar nie die minste nie: Hoe gaan ons aktiewe lede se hande ligter, maar sterker maak deur gemeenskapsbetrokkenheid, takfondse, buurtspanne en skenkings?

Ons gaan die volgende punte bespreek:

  • Veiligheid
    • 911-konsep
    • steunkringe
    • opleiding
    • hantering van eksterne rolspelers soos GPF’s
    • kameras
    • beheerkamer
  • Gemeenskapsake
    • uitbou van buurtspanne
    • vullisterreine
    • organisasiebou

Program

  • 08:00 – Inleiding: 911-konsep, ankerdorpe, buurtspanne
  • 08:20 – Video oor taksuksesse
  • 08:30 – Wat het ons bereik? Buurtspanne, buurtwagte ens.
  • 09:00 – Memorandum van ooreenkoms met Tshwane: Waar staan ons nou?
  • 09:30 – Pouse
  • 10:00 – Groter. Sterker. Selfstandig.
  • 11:00 – Vraag-en-antwoordsessie
  • 12:00 – Afsluiting

Soortgelyke plasings