|

#OnsDorpOnsVeiligheid: Christiana-tak pak groot skoonmaakprojek aan

Die AfriForum-tak in Christiana het die afgelope maand en ’n half ’n groot skoonmaakprojek aangepak wat behels dat altesaam 11 erwe, tien strate, ’n vlei en beide ingange van die dorp skoongemaak word. Dié tak het as deel van die burgerregteorganisasie se #OnsDorpOnsVeiligheid-projek saam met plaaslike ondernemings en organisasies gewerk om die dorp te verfraai. Rommel, boumateriaal en tuinvullis is verwyder, etlike hektaar gras is gesny en bome se takke is gesnoei om die areas weer skoon en netjies te laat lyk.

Die volgende dele van die dorp is skoongemaak:

  • Die hoek van Forsman- en Eeufeesstraat.
  • Die hoek van Voortrekker- en Robynstraat.
  • Die hoek van Robyn- en Weststraat, asook en West- en William Alexanderstraat.
  • Die hoek van Voortrekker- en Rivierstraat.
  • Die hoek van Buite- en Presidentstraat.
  • Die vlei tussen Best- en Forsmanstraat.
  • Die hoekhuis by William Alexander- en Voortrekkerstraat.
  • William Alexanderstraat se eiland van Voortrekker- na Golfstraat.
  • Die ingange na die dorp van Bloemhof en Kimberley se kant.

Die tak het verder deelgeneem aan AfriForum se boomplantmaand, ’n inisiatief wat sorg dat AfriForum-takke landwyd soveel moontlik bome in hul dorpe plant. Die Christiana-tak het tien granaatbome in verskillende dele van die dorp geplant.

“Die AfriForum-tak in Christiana, tesame met verskeie ondernemings op die dorp, het besluit hul kan nie terugsit en toekyk hoe die dorp agteruit gaan nie, daarom het hulle self ingespring en hierdie projekte aangepak. Die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit versuim om sy pligte teenoor inwoners na te kom, daarom is hierdie projekte ’n uitstekende voorbeeld van wat gedoen kan word as die hele gemeenskap saamwerk,” sê JP Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum se Christiana-tak is daartoe verbind om in die toekoms soortgelyke projekte saam met plaaslike ondernemings en gemeenskapslede aan te pak.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing. Besoek www.wordlid.co.za om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings