|

AfriForum bemoedig Laerskool Saamtrek se Super 12-sterre met bederfpakkies deur die jaar

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het vanjaar altesaam 315 bederfpakkies uitgedeel aan die Laerskool Saamtrek se leerders wat aan die Super 12-reeks deelgeneem het. Dié pakkies is voor elke byeenkoms aan die deelnemers oorhandig om hulle sterkte toe te wens.

AfriForum is die hoofborg van die Super 12-reeks en Laerskool Saamtrek is die enigste skool in Klerskdorp wat aan hierdie gesogte sportreeks deelgeneem het.

Die bederfpakkie het bestaan uit ’n bottel water met AfriForum se handelsmerk daarop, ’n Forum-tydskrif, ’n briefie met bemoedigende woorde aan die deelnemer, ’n AfriForum-liniaal en -keppie, asook iets om aan te peusel.

“Ons is altyd met soveel gasvryheid by die skool ontvang deur beide die personeel en die leerders. Die leerders was altyd opgewonde om ons daar te hê en dit was vir my ’n riem onder die hart om te sien hoe goed gemanierd hierdie kinders is. Dit is ook lekker om te sê dat Saamtrek goed gevaar het in die Super 12-kompetisie. Ek wil aan Esmari Greyling, wat hierdie pakkies georganiseer het, baie dankie sê vir haar betrokkenheid by die kinders,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Word deel van die AfriForum-tak in Klerksdorp: Kontak Neil Strydom by 081 506 4415 vir meer inligting.

Soortgelyke plasings