|

Buurtwagte lê 11 664 km af om dié Wes-Kaapse gebiede te beskerm

AfriForum se Strand-, Stellenbosch- en Helderbergkom-buurtwagte het op 18 Oktober een van die grootste nasionale patrollies in die suidstreek gehou en ’n beduidende bydrae gelewer tot die veiligheid en sekuriteit van die woonbuurte. ’n Totaal van 43 AfriForum-lede, in samewerking met 137 ander rolspelers, het aan hierdie operasie deelgeneem en ’n afstand van 11 664 km in 58 voertuie afgelê. Die patrollie het van 18:00 tot 06:00 die volgende dag geduur. Tydens die patrollie is ses arrestasies uitgevoer vir onder meer die besit van gevaarlike wapens en dwelms.

Die primêre doel van die operasie is om sigbaarheid te verhoog en veiligheid te versterk in gebiede waar daar ’n toename in kriminele aktiwiteite is. Deur die gebiede van Strand, Gordonsbaai, Sir Lowry’s Pas Village en Stellenbosch te patrolleer, het die operasie verseker dat daar ’n verhoogde teenwoordigheid van wetstoepassers en sekuriteitspanne was, wat ’n deurslaggewende rol gespeel het om potensiële kriminele aktiwiteite af te skrik en inwoners se veiligheid te verseker.

Hierdie operasie was moontlik gemaak deur die samewerking van verskeie groepe. Ander rolspeler het Sir Lowry’s-plaswag, Gordon’s Bay Security, AM Security, ADT Fidelity, Secu Rite Security, Vetus Schola, ABC Security, SAS Security Services, die Nasionale Seereddingsinstituut, TSU, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die verkeersdepartement en wetstoepassers.

“Sonder hul toewyding en spanwerk sou die sukses van hierdie operasie nie moontlik gewees het nie. Saam bou ons voort om veiliger gemeenskappe vir almal te skep,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Soortgelyke plasings