|

Helderbergkom-tak help kunswerk op Gordonsbaai-muur verf

AfriForum se Helderbergkom-tak het op 12 Oktober aan ’n spesiale inisiatief van die Stad Kaapstad deelgeneem waar die muur by Gordonsbaai se strand met pragtige kunswerke geverf is.

Heelwat gemeenskapslede, veral kinders, het opgedaag om die omgewing te verfraai.

“Goeie verhoudinge en samewerking met projekte soos dié is nodig en voordelig vir die hele gemeenskap,” sê Jacques Benade, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Gemeenskapslede word aangemoedig om by projekte betrokke te raak wat ’n positiewe impak op die omgewing het. Maak vandag nog ’n verskil en sluit aan by jou plaaslike AfriForum-tak: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings