|

Sitrus-bome sorg vir vreugde by Swellendam-outehuis

Die AfriForum-tak in Swellendam het op 8 Oktober drie sitrusbome, onderskeidelik nartjie, lemoen en suurlemoen, by Huis A.A Tomlinson geplant.

Hierdie drie bome is geplant as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaand-projek waartydens die organisasie poog om 1 000 bome landswyd in September te plant. Die sitrusbome is spesifiek gekies omdat dit goed sal aard in die omgewing, maar ook vir baie jare vrugte en vreugde aan die gemeenskap sal verskaf. Die tehuis het die bome met blydskap ontvang en sal voorts daarna omsien.

Wally Walters, die voorsitter van AfriForum se Swellendam-tak, sê die tak plant gereeld bome in die gemeenskap. “Ons neem graag deel aan projekte soos hierdie, want ons weet ons nageslagte sal nog lank die bome se vrugte kan geniet.”

AfriForum fokus egter nie net op omgewingsake in Swellendam nie, maar het ook ’n baie aktiewe en suksesvolle buurtwag. Raak vandag nog betrokke by een van hierdie strukture en help om ’n beter toekoms te skep. Stuur ’n e-pos na marthinus.erasmus@afriforum.co.za of bel hom by 081 216 9602.

Soortgelyke plasings