| |

AfriForum se Hennopsrivier-tak neem deel aan Down to the Wire-projek

AfriForum se Hennopsrivier-tak het op 17 Augustus 2020 deelgeneem aan die Down to the Wire-projek wat op verskillende plase in die omgewing plaasgevind het. Dié projek behels die verwydering van onwettige strikke in die gebied sodat onwettige stropery stopgesit kan word.

Altesaam 18 mense het hieraan deelgeneem en 30 strikke is verwyder. Dié strikke word aan Down to the Wire geskenk wat armbande en ander produkte daaruit maak en met die inkomste daarvan terugploeg in natuurbewaring.

“AfriForum is dankbaar vir die geleentheid om saam met Down to the Wire te kon werk om die omgewing vir die diere te beveilig. Ons hoop om nog baie soortgelyke projekte saam aan te pak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

“Die tak wil graag almal bedank wat aan die projek deelgeneem het. Gemeenskappe kan baie verrig wanneer hulle saamwerk en AfriForum sal aanhou om gemeenskappe te ondersteun om ’n gesonder en veiliger omgewing vir almal te skep,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

Die tak beplan om in die komende maande verskeie projekte aan te pak en wil die gemeenskap graag aanmoedig om meer betrokke te raak.

Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS jou naam na 45341 (R1).