|

Bronberg-tak rig noodwaterpunt op vir brandbestrydingsdoeleindes

AfriForum se Bronberg-tak het in Augustus ’n noodwaterpunt opgerig wat spesifiek vir brandbestrydingsdoeleindes en besproeiing gebruik kan word. Dié noodwaterpunt het ’n kapasiteit van 10 000 liter.

Hierdie waterpunt het hoofsaaklik ten doel om omliggende boere te help om hul brandbestrydingswaterkarre vol te maak indien daar ’n brand is, maar die gemeenskap kan ook die waterpunt in tye van watertekorte gebruik vir huishoudelike. Dié water is egter nie geskik vir mens en dier om te gebruik nie.

“Die oprig van hierdie waterpunt is weer ’n mooi voorbeeld van gemeenskapsamewerking en hoe ons elkeen iets kan doen om by te dra tot die veiligheid van ons omgewing. Ons is dankbaar vir die toegewyde taklede by ons Bronberg-tak wat nie huiwer om ’n verskil in hulle gemeenskap te maak nie,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Bronberg-tak betrokke by www.wordlid.co.za en kies Bronberg as jou tak.

Soortgelyke plasings