|

AfriForum-tak installeer sonkragligte by berugte “Robotbrug”

Misdadigers sal voortaan twee keer moet dink voordat hulle weer in die nag by die berugte “Robotbrug” in Markstraat, Kroonstad, wil toeslaan nadat AfriForum se Kroonstad-tak pas agt kragtige sonkragligte by dié misdaadbrandpunt geïnstalleer het.

Die brug is geleë in ’n gebied wat van besondere belang vir plaaslike inwoners en ondernemings is en die installasie van hierdie sonkragligte is dié AfriForum-tak se poging om misdaad wat hierdie gebied teister, meer doeltreffend te bekamp.

Volgens Christa Ikking, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland-streek, bied die installasie van sonkragligte op strategiese punte op die brug die ideale oplossing, aangesien dit selfs te midde van kragonderbrekings of beurtkrag beligting bied op ’n terrein wat gereeld gebuk gaan onder misdadigheid.

“Hierdie projek is ’n belangrike komponent in AfriForum se strewe na veiliger gemeenskappe,” verduidelik Johan Fourie, voorsitter van AfriForum se Kroonstad-tak.

Fourie bedank die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit vir hul bystand tydens die installasie van die sonkragligte.

Jý kan ook ’n verskil maak!

AfriForum se Kroonstad-tak nooi die gemeenskap uit om ook by projekte soos dié betrokke te raak. Besoek gerus www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings