|

24 sakke rommel + 2 waens gras = skoner Bethal!

Twee dubbelas-sleepwaens gevul met varsgesnyde gras én 24 sakke rommel. Dít is wat AfriForum se Bethal-tak tydens hul mees onlangse skoonmaakaksie opgeruim, afgesny en weggery het – alles met die oog op ’n skoner Bethal. Dié tak het op 14 Junie met mening ingespring en wéér hul hande vuil gemaak tydens dié aksie wat toegespits was op die opknapping van ’n strook langs die N17 by die dorp se ingang vanaf Trichardt.

Die dorpsingang word gekenmerk deur verskeie drinkplekke en groot hoeveelhede rommel wat in die lang veldgras gestrooi word. “Dié strook was beslis nie ’n goeie advertensie vir Bethal nie, maar die tak se inisiatief om, as deel van AfriForum se selfdoenbenadering, nie net anderpad te kyk nie, maar werklik die ure in te sit om hierdie toegangsroete tot Bethal op te ruim, spreek boekdele én wys hoe gemeenskappe werklik ’n verskil op grondvlak kan maak,” verduidelik Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak beaam dit. “Ons dorp is ons trots en daarom kan ons kan nie bekostig dat die gras hemelhoog groei en rommel die strate versuur nie. As die munisipaliteit nie wil help nie, sal ons self ons dorp netjies maak,” beloof sy.

Soortgelyke plasings