#OnsDorp: Drie maniere waarop die Heilbron-tak ’n verskil gemaak het in Oktober

Oktober was weer ’n produktiewe maand vir die AfriForum-tak in Heilbron. Dié tak het drie groot aksies aangepak as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek.

In Langmark- en Kerkstraat is daar 13 stoptekens geverf, asook die stoptekens by die vierrigtingstop in Langmarkstraat – by die slaghuis. Die AfriForum-tak in Heilbron het twee werkers wat een maal per week vir ‘n dag in die dorp werk.

Die span het ook waar hulle padtekens geverf het, gesorg dat die plaveisel en padgeute skoongemaak word sodat die omgewing skoon en netjies kan wees.

Met die oog op die tak se gholfdag wat op 4 November plaasvind het die tak ook die ingange van die rolbalklub en gholfklub skoongemaak en die bome gesnoei.

“Stuk-vir-stuk sien ons hoe die werk wat die takke doen ’n verskil maak in die dorp. As elke inwoner van die dorp ook hul eie sypaadjies netjies en skoon hou sal die verskil selfs groter kan wees,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Raak by AfriForum se Heilbron-tak betrokke en help om jou omgewing beter te maak. Kontak Paul Berg by 081 354 3073.

Soortgelyke plasings