STOP die Bela-wet!

3443
0 150 000


Die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys 32 van 2024 (die BELA-wet) is op 13 September 2024 deur president Cyril Ramaphosa onderteken. Nadat AfriForum en Solidariteit in gesprek met hom was, is ’n taktiese deurbraak reeds behaal toe Ramaphosa tydens die ondertekening aangekondig het dat die gewraakte artikels 4 en 5 daarvan wat oor skole se toelatings- en taalbeleide gaan, nie dadelik geïmplementeer sal word nie. Dit sal naamlik vir ’n verdere drie maande vir gesprekvoering oopgestel word.

DRINGEND: Ramaphosa gee ons dus drie maande om steun teen BELA met ’n massiewe handtekeningveldtog te werf. Ons het jou steun nodig om Afrikaanse skole te red.

Jý kan ons help om ons onderhandelingsmag te versterk en die wet te stop!

Hier is hoe jy kan help:

  • Teken die petisie hierbo.
  • Vra jou vriende en familie om dit ook te doen.
  • Vra ons by navrae@afriforum.co.za om AfriForum se WhatsApp-boodskap aan jou te stuur, sodat jy die versoek om ondersteuning maklik aan jou vriende en familie kan aanstuur.

Saam kan ons verseker dat ons kinders en kleinkinders hul onderwys in hul eie taal sal ontvang. Teken nou en help ons veg!

Wat is die BELA-wet?

Hierdie wet vervang die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 en die Wet op die Indiensneming van Opvoeders 76 van 1998. Van die bepalings daarin is praktiese bywerkings van dié twee wette, maar daar is ook uiters gevaarlike nuwe bepalings wat Afrikaanse moedertaal en gehalteonderrig, asook selfs tuisonderrig onherstelbaar kan skaad.

Dít is hoe die Bela-wetsontwerp Afrikaanse skole teiken, het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum voor die ondertekening daarvan verduidelik:

Soortgelyke plasings