|

AfriForum skenk voer aan slagoffers van veldbrande in Potchefstroom

AfriForum het op 19 September 50 bale katoenreste afgelewer aan boere in die Potchefstroom-distrik wat groot skade in die vernietigende brande gely het. Ná die vernietigende veldbrande wat die afgelope tyd groot dele van ons land verwoes het, het AfriForum ’n noodfonds gestig en ook die Voer vir ’n boer-projek van stapel gestuur waar daar vir skenkings van voer gevra is.

Hierdie betrokke voer is van ’n anonieme skenker in Groblersdal ontvang. AfriForum staan pa vir die vervoerkoste. AfriForum werk nou saam met landbouverenigings om die voer op die plekke waar daar werklik nood is, uit te kry. Die 50 bale is reeds versprei onder boere in die omgewing wat nood het.

“Te midde van die verskroeide aarde en groot verliese is dit ’n riem onder die hart om te sien dat die boere wat nog voer het, bereid is om met diegene wat alles verloor het, te deel. Dit was aandoenlik om te sien hoe dankbaar boere is vir ’n bietjie verligting. Geen boer kan dit verduur om hulle vee sonder kos te sien nie. Saam ís ons sterker,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Volgens Corné Cronje, AfriForum se bestuurder vir Gemeenskapstrukture, is dit vir AfriForum belangrik om boere te help wat in nood is. AfriForum kan dit egter nie alleen doen nie en is dankbaar vir elkeen se bydrae tot die Voer vir ’n boer-projek. Ons kan nie sit en wag vir die regering om iets te doen nie, daarom spring ons self in om boere in hul nood te help.”

Skenkings vir die Voer ’n boer-projek kan in die volgende rekening betaal word:

Banknaam: FNB

Rekeninghouer: AfriForum NPC

Takkode: 261550

Rekeningnommer: 62349898398

Verwysing: Brande

Soortgelyke plasings