|

AfriForum se Kroonstad-tak maak die dorp skoon

Die AfriForum-tak in Kroonstad het op 28 September 2019 ’n skoonmaakaksie in die dorp gehou. Tydens hierdie aksie het sowel die tak as inwoners van die Jordania-uitbreiding ’n groot gebied in Reitzstraat by die ingang van Jordania skoongemaak.

Al die rommel in die gebied het ’n swak indruk van die dorp geskep. Daarom het die inwoners self die inisiatief geneem om dit skoon te maak.

“AfriForum se Kroonstad-tak wil graag ’n groter verskil in die gemeenskap maak. Ons kan soveel meer bereik wanneer gemeenskappe saamspan en by aksies soos hierdie betrokke raak,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

 

“Selfs bejaarde inwoners het hul slag gewys en saam aan die skoonmaakaksie deelgeneem. Sak-vir-sak kan ons Kroonstad ’n beter plek vir almal maak,” sê Gabrie Grobler, voorsitter van AfriForum se Kroonstad-tak.

Die tak beplan om nog verskeie aksies aan te pak wat tot ’n beter omgewing vir almal sal bydra. Graag wil die tak ook elkeen bedank wat by die skoonmaakaksie betrokke was.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Kroonstad” na 31481 (R1).