TAKSUKSESSE: JUNIE 2022
JUNIE 2022 – NOORDSTREEK
GAUTENG
GROTER PRETORIA
Groter Moot
- Die tak se tuinspan het nóg ’n lid bygekry.
- Die tak het ’n trekker en ’n snyer aangekoop.
- Die buurtwag het in samewerking met die SAPD Villieria kabeldiewe vasgetrek.
- Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.
- Die tak het sy eie dorpskantoor geopen.
- Die buurtwag het aan ’n massapatrollie deelgeneem.
Wes-Moot
- Die buurtwag het in samewerking met die SAPD verskeie operasies gehou.
- Die buurtwag het aan ’n massapatrollie deelgeneem.
Apiesrivier
- Die buurtwag het kabeldiewe vasgetrek.
- Die buurtwag het gesteelde vee opgespoor.
Bronkhorstspruit
- Die buurtwag het suksesvolle sigbaarheidspatrollies gehou.
- Die buurtwag het ’n gesteelde voertuig opgespoor.
- Die buurtwag het aan ’n massapatrollie deelgeneem.
Centurion
- Die tak se tuinspan het Montague Kneen-park in Valhalla skoongemaak as deel van AfriForum se Neem ’n park aan-ooreenkoms met die Tshwane-metro.
- Die tak het in samewerking met AfriForum se Groter Moot-tak ’n gemeenskapskoonmaakprojek by die Voortrekkermonument gehou.
- Die tak het weer eens swartsakke sorteer en twee vragte herwinbare items verkoop. Die tak het al in totaal 283 swartsakke by verskillende instansies en privaat wonings geplaas.
- Die tak het rommel en stukkende glasbottels in Fleur-park in Lyttelton Manor opgetel.
- Die tak se tuinspan het ’n tweede skoonmaakprojek op die hoek van Panorama- en Ou Johannesburgweg (R101) in Rooihuiskraal gehou.
- Buurtwaglede is voortdurend besig om informasie wat deur inwoners op die #AfriForumBuurtBot by die misdaadvlaggie opgelaai word te ontleed en planne vir verskillende scenario’s op te stel.
- Taklede het opleiding oor brandbestryding bygewoon.
WES-RAND EN VAALDRIEHOEK
Fochville
- Die tak het ’n skoonmaakprojek by ’n substasie gehou om die veiligheid daarvan te verbeter.
- Die tak het sowel nuwe slotte as ’n nuwe sluitstelsel by bogenoemde substasie aangebring.
Heidelberg
- Die tak het 20 dae lank slaggate opgevul.
- Die tak het 4 dae lank vullis in die dorp opgetel.
Vanderbijlpark
- Die tak het 428 klagtes oor kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
- Die tak het 67 klagtes oor waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
- Die tak het 56 klagtes oor rioollekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
- Die buurtwag het bystand gelewer op ’n ongelukstoneel op die R42 naby Alex Roadhouse; geen beserings is aangemeld nie.
Westonaria
- Die tak het 18 klagtes oor kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
- Die tak het 25 klagtes oor waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
- Die tak het 16 klagtes oor rioollekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
OOS-RAND
Kempton Park
- Die tak het AfriForum se heel eerste #MyWoonbuurt-projek in die land geloods. Herstelwerk en instandhouding is aan munisipale infrastruktuur by Janina Village gedoen. 33 slaggate is opgevul, twee spoedhobbels is nuut oorgeverf, drie ingangshekke is opgeknap, drie bome is gesnoei, een stormwaterdrein is skoongemaak en vier padtekens is vervang. Altesaam 38 sakke teer en 75 liter padverf is vir die opknappings-en-herstelwerk gebruik.
Springs
- Die buurtwag het gehelp om veiligheid by ’n protesaksie in Daggafontein te handhaaf.
- Buurtwaglede het hulp verleen aan Prosafe Sekuriteit ná ’n inbraak by Springsgate.
- Buurtwagbestuurslede het verskeie vergaderings saam met ander veiligheidsrolspelers in Springs bygewoon. Die SAPD het die noue samewerking om misdaad te bekamp verwelkom. Die buurtwag het gevolglik ’n noodplan opgestel en aan die SAPD en ander rolspelers gestuur; dit behels onder meer opsigtelike patrollies, asook om seker te maak dat die dorp se infrastruktuur bewaar word.
Alberton
- Die buurtwag het bystand aan die SAPD en talle sekuriteitsmaatskappye verleen tydens voertuigongelukke en voorvalle van kabeldiefstal.
Benoni
- Die tak het vyf skoonmaakprojekte suksesvol afgehandel; dit sluit in die sny van gras, die verwydering van sluipslapers en die mooimaak van sypaadjies.
- Die tak het slaggate in Wattleweg tussen Stokroos- en Dahliastraat in Northmead opgevul.
- Die buurtwag se span verantwoordelik vir die blus van brande het bystand gelewer en talle veldbrande help blus; buurtwaglede het ook ondersteuning gebied tydens huisbrake, voertuigongelukke en diefstalvoorvalle.
Germiston
- Die buurtwag het bystand aan die SAPD gebied tydens talle voorvalle, waaronder voertuigongelukke, huisrowe en dwelmverwante situasies.
- Die buurtwag het uitstekende hulp aan die plaaslike brandweerdienste gebied tydens ’n huisbrand in Gerdview.
MPUMALANGA
Nelspruit
- Die buurtwag het gereeld patrollies gehou deur die loop van die maand.
- Die tak het in samewerking met WeCare4Nelspruit al die bushaltes vanaf die Westend Sasol-vulstasie tot by die Crossings-kruising skoongemaak.
- Die buurtwag het tydens patrollies met verkeerbeheer en toneelhantering op verskeie ongelukstonele gehelp.
- Die tak het doeke geskenk aan arm bejaarde inwoners van die Nelspruit-ouetehuis wat nie basiese sanitasieware kan bekostig nie.
- Die tak het staproetes in die Steiltes Natuurreservaat skoongemaak.
- Die buurtwag het vier taktiese lyfpantsers aangekoop om hulle operasies meer doeltreffend uit te voer.
- Die tak het ’n petisie geloods teen beplande straatnaamveranderinge binne die jurisdiksie van die Mbombela Plaaslike Munisipaliteit.
- Die tak het die gras gesny op die sypaadjies langs Dr. Enos Mabuzaweg in die Steiltes-woonbuurt.
Witrivier
- Die buurtwag het gereeld patrollies gehou deur die loop van die maand.
- Die buurtwag het tydens hul patrollies met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp op verskeie ongelukstonele.
- Die tak het ’n inligtingsbord oor padveiligheid langs die R40 opgerig.
- Die buurtwag het boere in die Brondal-omgewing gehelp om grondgrype teen te staan.
Lydenburg
- Die buurtwag het gereeld patrollies gehou deur die loop van die maand.
- Die buurtwag het tydens hul patrollies met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp op verskeie ongelukstonele.
- Die buurtwag het buiteligte by die Laerskool Lydenburg geïnstalleer om sodoende sekuriteit by die skool te verbeter.
Belfast
- Die tak se noodwaterpunte het suksesvol gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
- Die tak het weekliks tien vullisdromme gediens om die dorp se netheid te verbeter.
- Die tak het ’n stalletjie beman tydens Hi-Tech Sekuriteit se bewusmakingsdag oor veiligheid.
- Die tak het die dorp se rioolpompstasies besoek om sodoende ’n verslag op te stel vir verdere regstappe teen die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit.
Machadodorp
- Die buurtwag het gereeld patrollies gehou deur die loop van die maand.
- Die tak het gehelp met die aan- en afskakel van pompstasies in die dorp tydens watertekorte.
- Die tak het tydens patrollies met verkeerbeheer en toneelhantering op verskeie ongelukstonele gehelp.
Malelane
- Die buurtwag het gereeld patrollies gehou deur die loop van die maand.
- Die buurtwag het gehelp met die suksesvolle opsporing van die skuldige party ná ’n tref-en-trap-ongeluk danksy die buurtwag se LPR-kamerastelsel.
Dullstroom
- Die tak het gehelp met die bestryding van verskeie veldbrande rondom die dorp, veral naby die Sakhelwe-woonbuurt.
Bethal
- Die tak se waterpunt kan deur inwoners gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
- Die tak se groentetuinprojek het groente voorsien aan verskeie organisasies en tehuise in Bethal en omliggende dorpe.
- Die tak en Skipgo Teksa het weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
- Taklede het gehelp met verskeie skoonmaakprojekte in Bethal. Projekte is gehou rondom die N17, by die Nestlé-brug, by Midnight-vulstasie, by die DBV, by die Silwerjare-tehuis vir bejaardes, asook in die sentrale sakekern.
- Die tak het slaggate in Buffelstraat met doleriet opgevul ter voorbereiding van ’n teerprojek.
- Die tak het hande met die Bethal-gemeenskap gevat en 100 sakke sement geborg wat vir herstelwerk aan paaie gebruik gaan word.
- Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Hoëveldlaan in samewerking met die gemeenskap aangepak.
Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)
- Die buurtwag het bystand gebied op verskeie ongelukstonele.
Ermelo
- Die buurtwag het patrollies gehou tydens ’n beplande kragonderbreking ten einde kabeldiefstal te beperk.
Witbank
- Die tak het sy skoleveiligheidsprojek voortgesit; padstrepe is oorgeverf en verkeerstekens is vervang rondom talle skole in Witbank.
- Die tak het sy opknappingsprojek voortgesit; herstelwerk is gedoen aan die infrastruktuur van ’n veilige hawe vir kinders.
Standerton
- Die tak het in samewerking met Penta Nissan talle slaggate met doleriet opgevul.
Piet Retief
- Die tak het in samewerking met Mpact talle slaggate opgevul.
- Die buurtwag het ’n massapatrollie gehou.
- Die tak het die plaaslike begraafplaas skoongemaak.
JUNIE 2022 – SENTRAALSTREEK
VRYSTAAT
MOOIRIVIER
Bothaville
- Die buurtwag het 90 patrollies deur die loop van die maand gehou.
- Die buurtwag het in samewerking met CSS Sekuriteit ’n persoon in hegtenis geneem wat gesteelde goedere in sy besit gehad het.
Heilbron
- Die tak het ’n hokkiespeler geborg sodat sy aan die Bokkieweek kon deelneem.
- Die tak het konstant druk op die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor die haglike toestand van die dorp se vullisterrein, asook die pad langs die vullisterrein.
- Die tak het die plaaslike skool verhoed om bome wat ’n historiese betekenis het en deur kinders van ’n destydse konsentrasiekamp geplant is, af te saag. Taklede het onderneem om dit eerder ordentlik te snoei.
Sasolburg
- Die tak het 6,6 ha gras deur die loop van die maand gesny.
- Die tak het voortgegaan met instandhoudingswerk by die Hoëveldse Tuine.
- Die tak het die gebied agter die Onderwysdepartement se kantore skoongemaak en boomtakke afgesaag.
- Die tak het Oliviershoeklaan in die rigting van die R59 skoongemaak.
- Die tak het 12 straatligte vervang en verskeie lamppale herstel.
Viljoenskroon
- Die tak het sy #OnsDorp-projek in Junie afgeskop. Senator Senekalstraat het eerste aan die beurt gekom en taklede het verkeerstekens vervang, padstrepe geverf, padmerkers by kruisings geverf, die straat skoongevee en boomtakke gesnoei. In sowel Havemann- as Mareestraat is verkeerstekens ook vervang en die padmerkers by die stoptekens is geverf. Talle slaggate is ook opgevul.
HOOGLAND
Bethlehem
- Die tak het ’n volhoubare teerprojek van stapel gestuur om die dorp se paaie meer toeganklik en veiliger te maak; meer as 60 ton teer is gevolglik al hiervoor gebruik. Dít volg nadat die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit nie sy pligte kon nakom nie. Plaaslike ondernemings het ook ’n positiewe bydrae gelewer om te help dat die projek ’n groot sukses is.
- Taklede het self ingespring om die Reitz-Petsana-vullisterrein skoon te maak en ’n nuwe pad te skraap sodat dit meer toeganklik en veiliger is vir mense, diere en die omgewing. Dít volg nadat die Nketoana Plaaslike Munisipaliteit nagelaat het om te reageer op ’n aanmaning wat AfriForum aan hulle gestuur het rakende die haglike toestand van die vullisterrein. Die inwoners van Reitz is dankbaar vir hierdie optrede en nadat AfriForum die skoonmaakprojek voltooi het, het die munisipaliteit kortliks erkenning gegee aan die skrywe wat aanvanklik aan hulle gerig is. AfriForum sal voortgaan om druk op die munisipale bestuurder te plaas en die situasie fyn dophou in die toekoms.
ROSESTAD
Wilgehof
- Die tak het kontrakteurs aangestel om die servitute in Gardeniapark skoon te sny. Daar is ook gefokus op die sny van gras by die kruising van Stalsweg en Roselaan. Taklede het ook op drie geleenthede die gebiede skoongemaak waar sluipslapers ’n steurnis was en gemors het.
Pellissier
- Anchor of Hope het die AfriForum-parkie namens die tak skoongemaak waar daar gefokus is op algemene netheid. In Pellissierrylaan is sypaadjies skoongemaak en rommel opgetel.
Hospitaalpark
- Die tak het kontrakteurs aangestel wat gefokus het op die netheid van Pasteurrylaan; vullis is opgetel, dreine is skoongemaak en sypaadjies is netjies geskoffel. Onkruid wat die voetpaadjie langs Pasteurrylaan toegegroei het is ook uitgeskoffel en weggery.
Uitsig
- Die tak het kontrakteurs aangestel wat gefokus het op die skoonmaak van die park op die hoek van Napoleonstraat en Barry Richterweg; vullis is opgetel en ’n gedeelte van die park se gras is met bossiekappers korter gesny.
Langenhovenpark
- Die tak het kontrakteurs aangestel wat ’n volhoubare roosboomprojek van stapel gestuur het en Du Plessisweg skoongemaak het. Die kontrakteurs is ook steeds besig met die instandhouding en netheid van verskeie velde en parke in Langenhovenpark.
Rayton-Heuwelsig
- Anchor of Hope het talle volhoubare projekte namens die tak bestuur, waaronder instandhouding by die speelpark in Lucas Steynweg, asook die instandhouding by die park en veld in David Bothasingel. Die park in Flockemanstraat in Hillsboro is ook in stand gehou.
Fichardtpark
- Die tak het Waste Retrievers, ’n privaat kontrakteur, aangestel om die buurt se vullissakke te verwyder aangesien die munisipaliteit versuim om hulle werk te doen. In totaal is agt groot trokvragte vullis verwyder. Die kontrakteurs het ook daarop gefokus om die vullis in Benade-, Olive Grinter-, Hudson- en Castelynrylaan te verwyder, terwyl sypaadjies en stormwaterdreine by die Fichardtpark Kliniek, die kerk in Fichardtpark en die Hoërskool Fichardtpark skoongemaak is.
NOORDWES
MOOIRIVIER
Klerksdorp
- Die tak het ’n skoonmaakprojek by Doringkruin se ingang gehou.
Potchefstroom
- Die buurtwag het daagliks patrollie gery; 196 patrolleerders het tussen 24 Mei en 23 Junie 152 patrollies gery. Altesaam 5 110 km is in 492 manure afgelê.
- Die tak het talle plaaslikeregeringsakekwessies met die munisipaliteit bespreek.
- Die tak het 18 m² se slaggate met 75 sakke teer in Von Wiellighstraat opgevul.
- Die tak het ’n konsentrasiekampherdenkingsdiens by die konsentrasiekampbegraafplaas aangebied, asook ’n gedramatiseerde vertelling oor Japie Greyling.
Stilfontein
- Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het konstant druk op die munisipaliteit uitgeoefen om oplossings vir probleme in die dorp te vind.
- Die buurtwag het deur die loop van die maand 150 patrollies gehou en 5 285 km afgelê.
- Die buurtwag het die plaaslike begraafplaas op Vadersdag gepatrolleer sodat gemeenskapslede hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
- Die buurtwag het deur die loop van die maand hulp verleen op drie ongelukstonele, asook bystand aan die SAPD gebied tydens verskeie ander voorvalle.
- Die buurtwag het die SAPD bygestaan in die uitvoering van tien inhegtenisnemings.
- Die buurtwag het verskeie voorvalle hanteer waar die SAPD nie kon nie.
Ventersdorp
- Die buurtwag het ekstra patrollies tydens beurtkrag gery om kabeldiefstal te verhoed.
STELLALAND
Algemeen
- Die AfriForum-buurtwagte in Christiana, Delareyville en Vryburg het in Juniemaand hard gewerk om sigbaarheid in die onderskeie dorpe te verhoog. Altesaam 168 patrolleerders het 226 patrollies tydens hierdie tydperk aangepak. Die hoofdoel van hierdie patrollies was om sigbaar in die onderskeie gemeenskappe te wees en sodoende misdaad hok te slaan.
Christiana
- Die buurtwag het patrollies in die dorp verhoog nadat inbrake begin toeneem het. Sedert die verhoging van patrollies het die inbrake weer afgeneem.
MARICO
Rustenburg
- Die tak het sy volhoubare skoonmaakprojek voortgesit. Dié projek het reeds ’n groot impak op die dorp se voorkoms gehad.
- Die tak het deur die loop van die maand 4 ha gras gesny en tussendeur die snyery op gesteelde goedere afgekom wat aan die SAPD oorhandig is.
Brits
- Die tak het ’n suksesvolle gholfdag gehou om fondse in te samel. ’n Totaal van R203 050.00 is ingesamel waarvan R123 913.74 surplus (wins) was.
JUNIE 2022 – SUIDSTREEK
NOORD-KAAP
Bo-Karoo
- Die Orania-buurtwag en Strydenburg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
Kimberley
- Die tak het gereeld vullis verwyder en druk op die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om weer vullisverwyderingsdienste in die stad te hervat.
- Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
Vaalharts
- Die buurtwag het in samewerking met Hartswater Crime Watch deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
Kamiesberg
- Die tak het die afgelope maand baie druk op die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit geplaas rakende drie boorgate wat nie werk nie. Die munisipaliteit is wel besig om hierdie boorgate se pompe te herstel.
- Die tak het gereeld die dorp se strate skoongemaak deur vullis op te tel en dit na die vullisterrein weg te ry.
- Die tak het druk op die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor die watertekort wat ervaar word en die haglike toestand van die dorp se paaie.
- Die tak het ’n skrywe aan die munisipale bestuurder gerig om druk te probeer uitoefen met betrekking tot waterprobleme wat in Kamieskroon ondervind word.
- Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die inbelsentrum gekommunikeer sodat herstelwerk kon plaasvind.
Kathu
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het gereeld Fit-It se parkeerterrein skoongemaak en die bome wat taklede in die parkeerterrein aangeplant het, natgelei.
- Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die inbelsentrum gekommunikeer sodat herstelwerk kon plaasvind.
Keimoes
- Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het weekliks die dorp se hoofstraat en waterwiel – wat tot ’n nasionale monument verklaar is – skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery. Taklede het ook terselfdertyd gras gesny en tuinbeddings skoongemaak.
- Die tak maak self die badkamers by die waterwiel skoon.
- Die tak het gras gesny, bome gesnoei en vullis opgetel by twee parke in die dorp.
- Die tak het nuwe glimbaadjies en flitse vir sy lede aangekoop om te help in die stryd teen misdaad in die dorp.
- Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die inbelsentrum gekommunikeer sodat herstelwerk kon plaasvind.
Kuruman
- Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak het deurlopend druk op die munisipaliteit geplaas rakende water- en rioolprobleme in die dorp, asook die haglike toestand van die dorp se paaie.
- Die tak het by die Laerskool Kuruman bome afgesaag en verwyder om te help in die stryd teen misdaad.
- Die tak het die SAPD gehelp om gesteelde vetplante ter waarde van R3,5 miljoen op te spoor.
- Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers misdaad in Kuruman help bekamp.
Springbok
- Die tak het ’n park skoongemaak, asook die strate rondom die park, en die vullis na die vullisterrein weggery.
- Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas oor water- en kragprobleme wat in die dorp ondervind is.
- Die tak het druk op die munisipaliteit uitgeoefen oor die haglike toestand van die dorp se paaie.
- Die tak het R19 000 geskenk vir die aankoop van brandstof om te help met die bestryding van die sprinkaanplaag in die Noord-Kaap. ’n Gedeelte hiervan is ook geallokeer vir droogtehulp.
- Die tak het samesprekings met die plaaslike speaker en burgemeester gehou oor die tragiese verval van die dorp.
- Die tak het vitamiene ter waarde van R20 000 aan die plaaslike ouetehuis geskenk.
- Die tak het ’n ultimatum aan Sedibeng Water gestel oor die waterprobleem in die dorp.
- Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die inbelsentrum gekommunikeer sodat herstelwerk kon plaasvind.
Upington
- Die tak het 1 100 brode aan sopkombuise in die dorp geskenk.
- Die tak het groente en vleis aan sopkombuise in die dorp geskenk.
- Die tak het deurlopend aandag gegee aan gebarste varswaterpype en dit by die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit aangemeld.
- Die tak het deurlopend aandag geskenk aan die rioolprobleme in die dorp en dit by die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit aangemeld.
- Die tak het die Paballelo-kliniek en die Cordonia-kliniek besoek en R9 200 se pille, pleisters, vitamiene, pynpille en salf aan dié klinieke geskenk.
Williston
- Die tak het ’n geskenkbewys ter waarde van R18 000 aan die Williston Junior Kollege geskenk vir herstelwerk en opgradering aan die skool.
OOS-KAAP
Elliot
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het gereeld vullis verwyder en druk op die Sakhisizwe Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om weer vullisverwyderingsdienste in die dorp te hervat.
Cradock
- Die tak het ’n gazebo aangekoop met die doel om dit vir bemarkingsdoeleindes te gebruik in ’n hernude strategie om AfriForum se handelsmerk uit te bou.
- Die tak is tans besig om “Welkom in AfriForum-wêreld”-borde te laat vervaardig.
Gamtoosvallei
Jeffreysbaai
- Die tak het ’n gazebo aangekoop met die doel om dit vir bemarkingsdoeleindes te gebruik in ’n hernude strategie om AfriForum se handelsmerk uit te bou.
- Die buurtwag is tans besig met gebeurlikheidsbeplanning.
Oos-Londen
- Taklede het aanlyn takbestuursopleiding bygewoon.
- Die tak het ’n gazebo aangekoop met die doel om dit vir bemarkingsdoeleindes te gebruik in ’n hernude strategie om AfriForum se handelsmerk uit te bou.
Port Elizabeth
- Die Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het ’n kabeldief in hegtenis geneem nadat hy ’n buurtwaglid met ’n mes aangeval het. Dié buurtwaglid kon tydens die aanval daarin slaag om die aanvaller doeltreffend te ontwapen.
- Lede van die Walker Drive-buurtwag het Helen Zille tydens ’n toespraak by ’n ouetehuis ontmoet wat oor die hantering van watertekorte gehandel het. Zille het AfriForum se Port Elizabeth-tak gekomplimenteer oor hul belangrike bydrae in die stad.
- Die tak het Operasie Potholes uitgevoer waartydens meer as 40 slaggate opgevul is.
Uitenhage
- Die tak het ’n gazebo aangekoop met die doel om dit vir bemarkingsdoeleindes te gebruik in ’n hernude strategie om AfriForum se handelsmerk uit te bou.
WES-KAAP
De Doorns
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
Helderbergkom
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
Kaapstad-Noord
- Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak het twee parke in Bellville skoongemaak.
Malmesbury
- Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
Overstrand
- Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag en die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak het ’n skootrekenaar aangekoop om takadministrasie te vergemaklik.
- Die tak het ’n PTZ- tweedoelige kamera by die Walvismuseum in Hermanus geïnstalleer om te help met misdaadbekamping.
Strand
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
Vredendal
- Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag en die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak het ses flitse aan die Community in Blue geskenk.
Weskus
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag is besig met gebeurlikheidsbeplanning.
- Die tak én die buurtwag het met die bestuur van die plaaslike GPF vergader, asook met die veiligheidskluster.
- Die tak het ’n gazebo en hemde vir takbestuurslede aangekoop met die doel om dit vir bemarkingsdoeleindes te gebruik in ’n hernude strategie om AfriForum se handelsmerk uit te bou.
Worcester
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
George
- Die Geelhoutboom-, Outeniqualand-, Harold- en Hoekwil-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak se jeugvleuel het ’n skietdag by Waboomskraal aangebied. Tydens die geleentheid is 25 jeuglede van AfriForum se George- en Mosselbaai-tak oor wapenveiligheid ingelig en die geleentheid gegee om met verskillende tipe wapens teiken te skiet.
Hessekwa
- Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak het 80 kg hondekos aan die Mosselbaai DBV geskenk. Dít volg nadat die DBV ’n noodkreet gerig het ná hulle 60 boerboele van ’n hondeteelplaas op Hartenbos moes verwyder.
Mosselbaai
- Die tak se jeugvleuel het ’n skietdag by Waboomskraal in George bygewoon. Dit is deur die George-tak aangebied. Tydens die geleentheid is 25 jeuglede van AfriForum se George- en Mosselbaai-tak oor wapenveiligheid ingelig en die geleentheid gegee om met verskillende tipe wapens teiken te skiet.
- Die Herbertsdale- en Brandwag-plaaswag en die Groot Brak- en Glentana-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
Oudtshoorn
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.