AfriForum se Machadodorp-tak reorganiseer
Die AfriForum-tak in Machadodorp het op 17 Mei gereorganiseer en is reeds besig met die beplanning van projekte wat in die nabye toekoms uitgevoer sal word.
Die nuwe takbestuur bestaan uit Henrico Duvenhage (voorsitter en veiligheidsvoorsitter), Delon Duvenhage (ondervoorsitter), Sarel Fasen (tesourier), Rico Smit (plaaslikeregeringsake), Danie van Der walt (omgewingsake) en Coenraad Wolmarans (jeug).
Die bestuur moedig gemeenskapslede aan om by die tak betrokke te raak.
“Dit is vir ons belangrik om as nuwe bestuur daarop te fokus om die gemeenskap van Machadodorp by ons projekte betrokke te kry. Op hierdie manier kan ons die dorp se probleme aanpak en uitdagings die hoof bied,” sê Duvenhage, voorsitter van die Machadodorp-tak.
“Dit is noodsaaklik om strukture op grondvlak op te rig sodat ons munisipale verval en die agteruitgang van dienste kan teenstaan met volhoubare projekte en aksies,” sê Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.
AfriForum se Machadodorp-tak nooi lede van die publiek uit om deel te word van hul projekte.