AfriForum se Noord van die Berg-tak maak slaggate reg voor skool
AfriForum se Noord van die Berg-tak het op 7 Mei sowat 875 kg teer gebruik om slaggate voor Laerskool Wonderboom te vul.
AfriForum het talle versoeke uit die gemeenskap ontvang om te help en die organisasie se Noord van die Berg-tak kon die gemeenskap bystaan en beoog om by meer projekte soos hierdie in die omgewing betrokke te raak.
“Baie dankie aan almal wat hierdie projekte moontlik maak. Ek wil die gemeenskap uitnooi om betrokke te raak by AfriForum se ander aksies wat die omgewing beveilig en netjies maak,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die groter Pretoria-Noord omgewing.
Die tak beplan om op 4 Junie 2022 hul volgende slaggat projek te loods in Dorandia vir meer inligting skakel gerus vir Quintin Meyer by 082 304 8985.
Sluit gerus aan met ’n maandelikse vrywillige bydrae of SMS “Zambesi” na 45340 (R1).