|

AfriForum se Middelburg-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in Middelburg het op 18 November 2021 gereorganiseer en ’n nuwe bestuur gekies.

Die takbestuur bestaan uit: Vic Boshoff (voorsitter en plaaslikeregeringsake), Mike Ebersohn (ondervoorsitter), Helga Salzwedel (tesourier), Mark Salzwedel (buurtwagleier), Darren Boshoff (omgewingsake) en Donovan Drenner (jeug).

“Ons is baie opgewonde oor die nuwe bestuur en sien daarna uit om die tak na nuwe hoogtes te neem en die gemeenskap te dien,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga.

Om by AfriForum se Middelburg-tak betrokke te raak: SMS “Middelburg” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings