|

Tinteltong Toekennings vereer innoverende Afrikaanse sakeondernemings

https://www.youtube.com/watch?v=GeDsNIyiNxE&feature=youtu.be

Innoverende Afrikaanse ondernemings is gister op Internasionale Moedertaaldag tydens Afrikaans-Vriendelik, ʼn inisiatief van die burgerregte-organisasie AfriForum, se Tinteltong Toekennings bekroon.

Volgens Sanderien van der Walt, projekkoördineerder vir Afrikaans-Vriendelik, is Afrikaans lewendig in die sakewêreld.

“AfriForum het verlede jaar vasgestel dat tot 30% van die Suid-Afrikaanse mark en ondernemings hul dienste in Afrikaans wil aanbied. Met dié toekennings wil ons graag erkenning aan dié ondernemings gee wat inisiatief neem en Afrikaans deur hulle werksaamhede bevorder.”

Die benoemings en wenners in die onderskeie kategorieë vir 2017 is soos volg:

1. Tinteltong Toekenning vir die oorspronklikste naam: Streepsak, Vreesloos, Vreedtsaam Spitbraais

Wenner: Streepsak

2. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste slagspreuk: Sluk jou Woorde (Elke sluk vertel ’n storie), Valhalla (Leef legendaries), De Afrikander (Produkte met kultuur)

Wenner: Sluk jou Woorde

3. Tinteltong Toekenning vir die beste handelsmerkontwerp: Bartho Eksteen Wijnskool, Boendoebaard, Fraai Meraai

Wenner: Fraai Meraai

4. Tinteltong Toekenning vir smullekker Afrikaanse kos: Die Bosvelder, Hinterland, PassiDeli

Wenner: Die Bosvelder

5. Tinteltong Toekenning vir die soetste nagrus: StrandHolidays, Diamantvallei, A’riki Country House

Wenner: Diamantvallei

6. Tinteltong Toekenning vir foto’s wat Afrikaans praat: Riandi du Plessis Fotografie, Stephanie van der Merwe

Wenner: Stephanie van der Merwe

7. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste diens: MyGuru, Zero Plus, Tecleo Dataherwinning

Wenner: MyGuru

8. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste e-kopie: M.Studio, Streepsak, Soya Dekor

Wenner: Streepsak

9. Tinteltong Toekenning vir trippeltoontjies (diens of produk wat op kinders gemik is): Jan-Pierewiet, Die Akkerboompie, Jaco Jacobs

Wenner: Jan-Pierewiet

10. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste produk: Sluk jou Woorde, Sakkies Blinders, MyGuru

Wenner: Sluk jou Woorde

11. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste produk – eie aan Afrikaans: Buffelsfontein Baard Olie, Vellies, InGowest Mini Kookware

Wenner: Buffelsfontein Baard Olie

12. Tinteltong Toekenning vir die Afrikaans-Vriendelikste sosiale media: M.Studio, Valhalla, De Afrikander

Wenner: De Afrikander

13. Tinteltong Toekenning vir ’n uitgewer wat Afrikaans bevorder: Protea Boekhuis, Groep 7, Cederberg Publishers

Wenner: Protea Boekhuis

14. Tinteltong Toekenning vir snaaksighede in Afrikaans: Idees-vol-Vrees, Sluk jou Woorde, Buffelsfontein Baard Olie

Wenner: Idees-vol-Vrees

“Ons sien dié ondernemings en die verskil wat hulle maak, raak,” sê Van der Walt.

“In die lig van groot sukses en belangstelling in die toekennings en die aktiwiteite van Afrikaans-Vriendelik gaan ons beslis volgende jaar soortgelyke projekte aanpak.”