AfriForum skenk hulppakket aan kleuterskool
AfriForum se Lydenburg-tak het in samewerking met AfriForum Onderwys ’n skolehulppakket aan Lydenburg Preprimêr geskenk. Hierdie pakket bevat handreiniger, ’n termometer, ’n handreinigerstaander en klaskamerplakkate wat goeie higiëne in skole aanmoedig.
Meer as 60 hoër- en laerskole in Mpumalanga is die afgelope twee maande van soortgelyke pakkette voorsien en die waarde daarvan beloop al meer as R300 000.
“Die inperking het groot nadelige gevolge veroorsaak en sake vir skole bemoeilik. Ons is dankbaar om skole op hierdie manier te kan help om volgens die voorgeskrewe regulasies te heropen,” sê Erich Venter, voorsitter van AfriForum se Lydenburg-tak.
Die tak moedig die gemeenskap aan om by dié en ander soortgelyke projekte betrokke te raak. Sluit by AfriForum se Lydenburg-tak aan: SMS “Lydenburg” na 45350 (R1).