|

AfriForum Jeug stig tak in Port Elizabeth

AfriForum Jeug het op 7 Maart 2020 ’n tak in Port Elizabeth gestig. Van die lede is plaaslike studente terwyl ander jong werkendes is. Verskeie goeie idees en voorstelle is tydens die takstigting bespreek.

Die nuwe tak was só geesdriftig dat hulle reeds die volgende dag hul eerste projek aangepak het. Omdat erfenis op skool- en munisipale vlak afgeskeep word, het die jeug besluit om die plaaslike konsentrasiekamp se herdenkingsterrein skoon te maak. Dit is vir die tak belangrik om Suid-Afrika se geskiedenis te beskerm en ’n gebalanseerde beeld daarvan onder mense te vestig.

“Energie en entoesiasme dryf AfriForum Jeug. Ons is in beginsel en praktyk ’n doen-organiese wat terselfdertyd veg vir dit waarin ons glo én aan ons toekoms bou,” sê Bernard Pieters, bestuurder van AfriForum Jeug.

Raak vandag nog by dié tak se jeugstrukture betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “PE” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings