AfriForum maak Noordwes se blou-en-groendruppelresultate bekend
AfriForum het onlangs verskeie dorpe in Noordwes se water getoets om die gehalte van dorpe in dié streek se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.
AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word.
“Ons kon vasstel dat al die dorpe wat getoets is se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte egter deurlopend toets. Inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se assistentkoördineerder vir Marico.
Bloudruppelresultate
Dié resultate dui daarop dat al die dorpe van Noordwes se drinkwater wat getoets is, skoon is.
Noordwes | |||||
Plek | Munisipaliteit | 2017 | 2018 | 2019 | |
Bloemhof | Lekwa-Teemane PM | Skoon | Skoon | Skoon | |
Brits | Madibeng PM | Skoon | Skoon | Fosfate >50 dpm | |
Christiana | Lekwa-Teemane PM | Skoon | Skoon | Skoon | |
Coligny | Ditsobotla PM | Skoon | Skoon | Skoon | |
Delareyville | Tswaing PM | Skoon | Fosfate >100 dpm | Nitrate >25 dpm
Fosfate >25 dpm |
|
Groot-Marico | Ramotshere Moiloa PM | – | Skoon | Skoon | |
Hartbeesfontein | Stad Matlosana | Skoon | – | – | |
Hartbeespoort | Madibeng PM | Skoon | Skoon | Skoon | |
Jouberton | Stad Matlosana | – | – | – | |
Klerksdorp | Stad Matlosana | Skoon | Skoon | Skoon | |
Koster | Kgetleng Rivier PM | Skoon | Skoon | Skoon | |
Leeudoringstad | Maquassi Hills PM | Skoon | Skoon | Skoon | |
Lichtenburg | Ditsobotla PM | Skoon | – | Skoon | |
Mahikeng | Mahikeng PM | – | Skoon | Skoon | |
Makwassie | Maquassi Hills PM | Skoon | Skoon | Skoon | |
Mooinooi | Madibeng PM | Skoon | Skoon | Skoon | |
Orkney | Stad Matlosana | Skoon | Skoon | Skoon | |
Ottosdal | Tswaing PM | Skoon | Fosfate >25 dpm | Skoon | |
Potchefstroom | Tlokwe PM | Skoon | Skoon | Skoon | |
Rustenburg | Rustenburg PM | Skoon | Skoon | Skoon | |
Sannieshof | Tswaing PM | Skoon | Nitrate >10 dpm
Fosfate >100 dpm |
Fosfate >25 dpm | |
Schweizer-Reneke | Mamusa PM | Skoon | Fosfate >25 dpm | Skoon | |
Stella | Naledi PM | Skoon | Fekale kolivormige bakterieë >3 000 k/f/d
Fosfate >25 dpm |
Nitrate >100 dpm | |
Stilfontein | Stad Matlosana | Skoon | Skoon | Skoon | |
Swartruggens | Kgetlengrivier PM | Skoon | Fekale kolivormige bakterieë
3 kve E. coli 3 kve |
Skoon | |
Ventersdorp | Ventersdorp PM | Skoon | Skoon | – | |
Vryburg | Naledi PM | Skoon | Fekale kolivormige bakterieë >3 000 kve | Skoon | |
Wolmaransstad | Maquassi Hills | Skoon | Skoon | Skoon | |
Zeerust | Ramotshere Moiloa PM | Skoon | Skoon | Skoon | |
Buffelspoort | Madibeng PM | Skoon | – | Skoon | |
Potchefstroom-kampus (Pukke) | Noordwes-Universiteit | Skoon | Skoon | Skoon |
Groendruppelresultate
Volgens AfriForum se groendruppelresultate voldoen meer as die helfte rioolsuiweringsaanlegte wat in Noordwes getoets is nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.
Noordwes | ||||
Plek | Munisipaliteit | 2017 | 2018 | 2019 |
Bloemhof | Lekwa-Teemane PM | – | >1 000
E. coli 1 000 fekale kolivormige bakterieë |
>1 000 |
Brits | Madibeng PM | Skoon | Skoon | Skoon |
Buffelspoort | Madibeng PM | – | – | Skoon |
Christiana | Lekwa-Teemane PM | Skoon | >1 000
E. coli 1 000 fekale kolivormige bakterieë |
>10 000 |
Coligny | Ditsobotla PM | Skoon | Skoon | >100 000 |
Delareyville | Tswaing PM | – | – | Skoon |
Groot-Marico | Ramotshere Moiloa PM | – | – | >1 000 |
Hartbeespoort | Madibang PM | >3 000 | >10 000
E. coli |
Skoon |
Klerksdorp | Matlosana | Hoë fosfaattellings | Skoon | >1 000 |
Koster | Kgetleng Rivier PM | Skoon | >5 000
E. coli |
>1 000 |
Lichtenburg | Ditsobotla PM | – | – | >50 000 |
Makwassie | Maquassi Hills PM | Skoon | Skoon | – |
Mooinooi | Madibeng PM | – | Skoon | >5 000 |
Orkney | Matlosana | – | – | – |
Ottosdal | Tswaing PM | Hoë fosfaattellings | >1 000
E. coli 1 000 fekale kolivormige bakterieë |
>10 000 |
Potchefstroom | Tlokwe PM | Hoë fosfaattellings
>2 000 |
Skoon | Skoon |
Rustenburg | Rustenburg PM | – | >4 000
E. coli |
>5 000 |
Sannieshof | Tswaing PM | – | >1 000
E. coli 1 000 fekale kolivormige bakterieë |
– |
Schweizer-Reneke | Mamusa PM | Hoë fosfaattellings | – | >10 000 |
Stella | Naledi PM | – | >1 000
E. coli |
– |
Stilfontein | Matlosana | – | Skoon | >1 000 |
Swartruggens | Kgetlengrivier PM | Skoon | Skoon | >1 000 |
Vryburg | Naledi PM | Hoë fosfaattellings | >1 000
E. coli >1 000 fekale kolivormige bakterieë |
>1 000 |
Wolmaransstad | Maquassi Hills PM | – | Skoon | Skoon |
Zeerust | Ramotshere Moiloa PM | – | – | >10 000 |
Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne Noordwes se munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Bloemhof, Christiana, Coligny, Groot-Marico, Klerksdorp, Koster, Lichtenburg, Mooinooi, Ottosdal, Rustenburg, Schweizer-Reneke, Stilfontein en Swartruggens.
“Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.
Gee aan AfriForum die mandaat om die gehalte van Noordwes se water voortdurend te moniteer: SMS “Skoon water” na 45351 (R1) om hierdie aksie te steun.
Lees die volledige verslag hier.