AfriForum stig Malmesbury-tak
Die burgerregte-organisasie AfriForum het op Dinsdag, 5 Junie 2018 ’n tak in Malmesbury gestig. Dié tak sal die gemeenskappe in Malmesbury, Philadelphia, Darling, Mamre, Atlantis, Dassenberg en Rondeberg bedien.
Die takbestuur bestaan uit Anton Rossouw (ondervoorsitter en waarnemende voorsitter), Mario Oosthuizen (tesourier), Kim Poulton (sekretaris), Giovanni Mangiagalli (hoof van gemeenskapsveiligheid), Brad Theron (hoof van omgewingsake) en Nikki du Preez (hoof van plaaslike regeringsake).
“Die gemeenskap is ywerig om deur middel van dié nuutgestigte tak ’n verskil in hul gemeenskap te maak,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Kaap.
SMS “Malmesbury” na 45342 (R1) om by AfriForum se Malmesbury-tak betrokke te raak.