AfriForum dien strafregtelike klagtes teen Nama Khoi Munisipaliteit in


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Springbok-tak het strafregtelike klagtes teen die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit ingedien rakende beweerde onregmatige transaksies ter waarde van ongeveer R130 miljoen.
Hierdie transaksies hou verband met grond en eiendomme op Springbok wat na bewering op ’n onreëlmatige wyse deur die munisipale owerhede verhandel is. Dié transaksies dateer oor ’n tydperk van etlike jare.
AfriForum se Springbok-tak het die kundigheid van Ettienne Lambrechts, forensiese ondersoeker, ingewin om hierdie klagtes op te stel.
AfriForum het verder versoek dat die SAPD se teenkorrupsie- en spesiale ondersoekeenheid dringend aan hierdie klagtes aandag gee, aangesien die munisipaliteit se finansiële vermoë ernstig deur hierdie beweerde korrupsie geraak word.
Inwoners van die Noord-Kaap kan by hul naaste AfriForum-tak betrokke raak: SMS jou naam na 32688 (R1).

Soortgelyke plasings