| |

Brits-tak hou suksesvolle pretloop en potjiekoskompetisie

Die AfriForum-tak in Brits het op 16 Junie by Santai-gastehuis ’n pretloop van 5 km gehou en ’n potjiekoskompetisie aangebied. Altesaam 64 mense het aan die pretloop deelgeneem, terwyl agt spanne hul vernuf agter die potjie gewys het.

Die wenner van die pretloop, Michael van Zyl, het die eindstreep in ’n wentyd van 12:13 oorgesteek en die Lekker Leer Kleuterskool is as die wenner van die potjiekoskompetisie aangewys.

“Dit was fantasties om die Brits-gemeenskap se gees te ervaar. Ek bedank die tak wat só baie moeite gedoen het om hierdie dag ’n groot sukses te maak,” sê Armand Viljoen, die distrikskoördineerder vir Marico.

“Ons wil graag elke persoon bedank wat deelgeneem het aan die pretloop en die potjiekoskompetisie. Ons beoog om hierdie kompetisie ’n jaarlikse instelling te maak,” sê Jean-Claud Naude, jeugbeampte van AfriForum se Brits-tak.

Die tak bedank ook Tempo, wat die trofee en koeldranke vir die pretloop geborg het, en Noordwes Bande, wat die medaljes geborg het.

Die gemeenskap word aangemoedig om vandag nog betrokke by AfriForum se Brits-tak betrokke te raak en deel van die oplossing te word. Skakel vir Stephan Roos by 073 188 3223 om aan te sluit.