AfriForum-buurtwag in Stella vul slaggate


Die AfriForum-buurtwag in Stella het tydens onlangse patrollies besef dat die strate in die dorp onbegaanbaar is, asook dat die Naledi Plaaslike Munisipaliteit nie oor die vermoë of die wil beskik om iets daadwerklik daaraan te doen nie. Lede van die plaaslike buurtwag het daarom besluit om die slaggate self op te vul.

“Die buurtwaglede is van mening dat as die gemeenskap saamstaan en betrokke raak, Stella binnekort weer ’n pragtige dorp kan wees,” sê Alta Pretorius-Swart, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Noord-Kaap Steenwerke het die gruis geborg en lede van die publiek het eet- en drinkgoed aangedra.

“Stella se gemeenskap wil die buurtwag graag bedank vir hul harde werk en inisiatief,” sluit Pretorius-Swart af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Stella” na 45351 (R1).
 

Soortgelyke plasings