| |

AfriForum-buurtwagte beveilig Bloemfontein-dieretuin

Verskeie AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein het die afgelope naweek deelgeneem aan ’n operasie om plakkers en haweloses uit die Bloemfontein-dieretuin te verwyder.

Die bestuur van die dieretuin was raadop oor al die uitdagings met die plakkers op die perseel en het AfriForum se veiligheidstruktue om hulp genader. Die dieretuin huisves tans net een trop buffels en daar word vermoed dat van die buffelkalfies moontlik al deur die plakkers geslag is.

AfriForum-buurtwaglede het Saterdagaand in samewerking met die SAPD en privaat veiligheidsmaatskappye op die dieretuin toegeslaan. AfriForum Gemeenskapsveiligheid het ook van sy hommeltuie ontplooi om lugbystand aan die patrolleerders op die grond te bied. Mediese dienste is ook op gereedheid geplaas as voorsorgmaatreël.

Drie verdagtes is in hegtenis geneem.

“AfriForum het 159 buurtwagstrukture landswyd en ons moedig lede van die publiek aan om betrokke te raak by hierdie strukture. ’n Goed georganiseerde gemeenskap is ’n veilige gemeenskap” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir Gemeenskapsveiligheid.

Raak hier betrokke by jou naaste AfriForum-buurtwag.