| |

AfriForum Durbanville-tak maak dorp mooi vir feestyd

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Durbanville-tak het op 3 Desember hierdie dorp netjies gemaak ter voorbereiding van die feestyd. Die gras in Kerkstraat en Race Courseweg, wat lank en slordig vertoon het, is gesny. Die lang gras hou ook ’n veiligheidsrisiko en die tak wil graag hê dat toeriste hierdie komende vakansie ’n skoon en veilige dorp besoek.

Die tak het ook in Hoogstraat en St. Johnweg opgeruim. Gedurende die skoonmaakprojek is daar ook heelwat ou komberse en goedere opgetel. 

Die bestuur van die Durbanville-tak bedank onder meer Cape Garden Maintenance vir hul hulp met die projek, asook CDF-sekuriteit wat seker gemaak het almal is veilig.  

“Selfdoen is beter as niks doen, daarom is dit noodsaaklik dat ons ons dorp veilig en netjies hou sodat ons daarop trots kan wees,” sê Leendert Stoop, voorsitter van die Durbanville-tak.

Stoop wil egter die gemeenskap aanmoedig om hul aksies te ondersteun in ’n poging om Durbanville nog beter te maak: SMS “Boland” na 45350 (R1) om vandag nog by die Durbanville-tak aan te sluit.