| |

AfriForum se Vanderbijlpark-tak beveilig substasies

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het ses substasies, oor ’n tydperk van drie weke, saam met Sekuriteit Sonder Grense beveilig deur alarmstelsels te installeer wat deur Sekuriteit Sonder Grense gemoniteer gaan word.

Dié besluit om alarmstelsels by hierdie substasies te laat installeer het gekom nadat daar op verskeie kere by hierdie substasies ingebreek en kabels gesteel is. Dít veroorsaak dat die gemeenskap soms vir dae lank sonder krag moet klaarkom.

“Hierdie ses substasies is saam met verskeie rolspelers geïdentifiseer. AfriForum se Vanderbijlpark-tak hoop dat dit ’n verskil sal maak en dat diefstal en die sabotering van substasies op die manier hokgeslaan sal word,” sê Stephanus Blignault, distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Mense wat by hierdie aktiewe tak wil aansluit, kan ’n e-pos aan vanderbijlpark@afriforumtak.co.za stuur.