| |

AfriForum se Germiston-buurtwag help om verdagtes vas te trek

Die AfriForum-buurtwag in Germiston het in samewerking met verskeie ander organisasies, twee suksesse behaal op 4 en 6 Augustus.

FRS Security het op 4 Augustus die AfriForum-buurtwag gekontak om dié sekuriteitsmaatskappy te help om kabeldiewe vas te trek. Twee kabeldiewe is deur die buurtwag en die sekuriteitsmaatskappy vasgetrek.

Op 6 Augustus het die AfriForum-buurtwag in samewerking met Mamba Security, FRS Security, Primrose GPF, en Primrose Residents Against Crime (PRAC) om ongeveer 19:00 ’n verdagte vasgetrek wat besig was om ’n huis te roof. Dit volg nadat gemeenskapslede ’n aktiewe huisroof aangemeld het waarby drie verdagtes betrokke was. Die verskeie organisasies het reageer en een van die verdagtes was suksesvol gearresteer en na die plaaslike SAPD kantoor geneem.

“AfriForum se Germiston-buurtwag is doelgerig om misdaad te bekamp en ons is baie dankbaar dat die verdagtes in hierdie twee gevalle vasgetrek kon word. Die belangrikheid van samewerking en pro-aktiewe optrede vir die bekamping van misdaad word weereens hier beklemtoon. Hierdie sukses sou nie moontlik gewees het sonder die toewyding en goeie kommunikasie van die sekuriteitsmaatskappye en die buurtwaglede nie. Baie dankie aan elke buurtwaglid vir hulle harde werk en hulle bydrae tot ’n veiliger gemeenskap,” sê Willem Barnard, ondervoorsitter van AfriForum se Germiston-tak.

Word vandag nog deel van AfriForum se Germiston-tak: SMS “Germiston” na 45340 (R1) of skakel vir Elize Hern by 083 555 5790 om betrokke te raak.