50 slaggate minder ná AfriForum Parys se paaie pak
AfriForum se Parys-tak het die afgelope naweek paaie aangepak wat deurtrek is met slaggate. Dit het 13 mense en 70 sakke teer gevat om 50 slaggate in die dorp op te vul en te herstel. Die tak het veral gefokus op Bree-, Grens- en Schilbachstraat en die lede het byna twee uur gevat om al hierdie slaggate te herstel.
Schalk Burger, voorsitter van AfriForum se Parys-tak, sê die broodnodige herstelwerk gaan ’n wesenlike impak op die gemeenskap hê, aangesien motoriste die strate kan invaar sonder vrees om talle slaggate te tref.
“AfriForum se Parys-tak wil ook die gemeenskap bedank vir hul inkoop in die projek en elke bydrae wat gemaak is, veral vir die gemeenskapslid wat toegesien het dat die werkers se lone ten volle betaal is. Hierdie soort ondersteuning en samewerking sal toesien dat die Parys-tak voortgaan om belangrike werk op die dorp te doen,” sê Burger.
Gemeenskapsbetrokkenheid is die enigste manier om Parys vir die beter te verander. Raak vandag nog by AfriForum se Parys-tak betrokke en maak ’n verskil op hierdie dorp. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.