#HardloopVirHoop saam met Bennie Roux

Veldhardloop en veldfietsry om hoop te skep saam met Bennie Roux.

#VirHoop #HardloopVirHoop

26 – 31 Oktober 2020

Brits, Noordwes

Die doel van die #HardloopVirHoop-veldhardloop- en veldfietsrypretdag is om kilometers af te lê ten bate van AfriForum se Slagofferondersteuningsfonds. Die fonds word aangewend om slagoffers van geweldsmisdaad en plaasaanvalle op die volgende maniere by te staan:

  • Ondersteuning op die misdaadtoneel
  • Die skoonmaak van die misdaadtoneel
  • Ontlonting van moontlike traumatiese ervarings
  • Hulp met beëdigde verklarings
  • Voorbereiding op en hulp tydens hofverrigtinge

Kom neem deel saam met ons ambassadeur Bennie Roux en sy span, wat gaan trap en draf om fondse vir slagoffers in te samel.

Die fondsinsameling behels borgskappe, of donasies per kilometer – mense wat betrokke wil raak kan dus R1 per kilometer of selfs R10 per kilometer skenk.

Indien u meer inligting oor dié eenheid verlang of traumaverwante navrae het, kan u trauma@afriforum.co.za e-pos.

Raak betrokke as ’n borg: trauma@afriforum.co.za

Maak ’n skenking deur  GivenGain of deur die volgende bankbesonderhede te gebruik:

Rekeningnaam: AfriForum NPC

Rekeningnommer: 62349898398

Taknaam: FNB Centurion

Takkode: 26155

Verwysing: Slagofferondersteuningfonds

* Maak ’n skenking en ontvang ’n artikel 18A-sertifikaat by AfriForum. ’n Skenking aan ’n artikel 18A-goedgekeurde organisasie soos AfriForum kan van belasbare inkomste afgetrek word.

Sluit so aan: SMS “#Hoop” na 32349(R1) of voltooi die onderstaande vorm:

 

2019 se #HardloopVirHoop:

AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid het die #HardloopVirHoop-projek in 2019 van stapel gestuur het om fondse en blootstelling vir die slagofferondersteuningsfonds te skep.

Te danke aan skenkings en fantastiese borge is meer as R85 000 vir dié fonds ingesamel, asook R60 000 se borgskappe wat die #HardloopVirHoop in 2019 moontlik gemaak het. Deur bewusmaking op sosiale media het ons net meer as 100 000 mense bereik!

Baie dankie aan elkeen wat by #HardloopVirHoop betrokke was!

 

Dankie aan al ons borge: 

 

Soortgelyke plasings